06 FAQs

Questions and answers
Vrae en antwoorde

Hostel / Koshuis

Leerders bly twee-twee saam in ‘n kamer. Koshuis- VLR het die voorreg  om in enkelkamers te bly.

Nee, leerders wat aan enige skoolaktiwiteite soos sport /kultuur deelneem oor ‘n naweek, mag  in die koshuis aanbly.

Bekwame personeel doen daagliks diens. Diensdoenende personeel woon ook in die koshuise en is maklik bereikbaar en beskikbaar vir leerders. Die kamerastelsel (slegs in ingangsportaal en gange) verseker dat ons die beweging van kinders kan monitor. Veiligheidshekke en diefwering dra by tot die maksimum veiligheid van leerders. 

School / Skool

Ekstra klasse in wiskunde en wetenskap vind gratis in groepsverband plaas, en is verpligtend vir alle Ligbron leerders. Ander vakke bied ook ekstra klasse, na gelang van die behoefte.

Ligbron bied u kind twee moontlike opsies:  Akademies of tegnies.  Dit stel  leerders instaat om ‘n keuse oor ‘n verskeidenheid vakke uit te oefen, na gelang van hulle belangstelling en loopbaankeuse. Die tegniese rigting bestaan uit siviele-, meganiese- en elektriese tegnologie. Ligbron bied ook suiwer akademiese vakke aan soos wiskunde, wetenskap, biologie ,rekeningkunde en geografie.

Die skool is ‘n parallel medium skool .  Dit beteken dat die Afrikaanse en Engelse kinders in verskillende bane is.  Leerders ontvang dus onderrig in Engels of Afrikaans.

Vir meer inligting oor skoolgelde besoek hier.

Die skool beskik oor 4 uitsaailokale met die nuutste tegnologie wat interaktiewe onderrig aan leerders bied. Prioriteit aandag sal aan senior leerders gegee word. Ligbron is ook ingeskakel by die nuutste onderrigplatforms wat toeganklik is vir alle leerders. Onderwyser is reeds lankal geskoei in verskeie tegnologiese onderrigmetodes.

For more information, send a email to:
hr.admin@ligbron.co.za / hr.manager@ligbron.co.za

Ready for the next step?

Is jy reg vir die volgende stap?